Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:58 NM CST

Outydse glans patats



My patats het altyd verkleur, maar hier is die truuk nou dat dit geel en deurskynend word.
1/2 k Bruinsuiker
4 e Botter (Botter gee 'n lekkerder geur, maar margarien kan ook gebruik word.)
1 t Suurlemoensap
1 kg geskilde patats in 5mm skywe gesny
Mespunt kremetart

Swart platboompot werk die beste.
Smelt suiker en botter saam oor lae hitte todat suiker heel gesmelt is.
Voeg suurlemoensap en kremetart by.
Verwyder warm stroop en pak patats in lae in dieselfde pot.
Gooi warm stroop oor patats en laat prut tot glasig.
Kan so nou en dan geroer word want die stroop is geneig om die onderste patats bietjie te skroei.

Bedien saam met enige gebraaide vis, verkieslik snoek.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie