Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:29 NM CST

"In 'n Japtrap"



Hierdie is heerlik vir bygereg saam braaivleis, of sommer net op sy eie...

1 Brood ( gesny)
Botter
Marmite
2 k Gerasperde Kaas
2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)
4 Eiers
1 1/2 Koppie melk
Sout en Peper
Skyfies tamatie

METODE:

Smeer die snye brood met botter en marmite en Sny die broodsnye in halwes.
Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.
Smeer 'n vuurvaste bak.
Pak 'n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor
Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin...

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie