Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:14 NM CDT

Soetmelkbeskuit



2 kg bruismeel
250 g botter of margarien
2 t kremetart
2 t sout
3 k lou melk
1 & 1/2 k suiker
2 tot 3 eiers
3 e olie

1. Sny botter in klein stukkies en voeg dit by die lou melk.

2. Voeg die suiker en sout ook by die melk en roer oor stadige hitte tot die botter
gesmelt is. Voeg die olie en die geklitste eiers by.

3. Sif die bruismeel en kremetart saam. Roer die melkmengsel wat louwarm moet wees, daarin.

4. Meng en knie dit omtrent 10 minute lank tot die deeg glad is.

5. Maak bolletjies en sit hulle styf teenmekaar in gesmeerde broodpanne.

6. Bak dit 45 minute of 1 uur lank in `n matige warm oond by 190C

7. Breek dit warm op in stukkies , moet dit nie met `n mes sny nie,
Droog dit dadelik uit in `n lou oond by 120C , laat die deur van die oond op `n skrefie sodat die stoom kan ontsnap.

Die resep maak plus minus 4 dosyn bolletjies

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie