Franse Knoop Broodjie
Bestanddele:
1/3 koppie warm water
3 eiers
2 eiergele
3/4 koppie Botter
3 Groot koppies koekmeel
1/4 Koppie Witsuiker
1/2 teelepel aktiewe droë gis
1 eierwit
2 eetlepels water
Metode:
Voorverhit die oond tot 175 grade C
Voeg koekmeel en botter in groot mengbak. Werk die botter met vingers deur die koekmeel, tot goed ingewerk.
Voeg nou die 1/3 koppie warm water ,3 eiers, 2 eiergele,1/4 Koppie Witsuiker , 1/2 teelepel aktiewe droë gis by koekmeel mengsel, en meng baie goed.
Plaas goed gemengde deeg op liggies meelbestrooide oppervlak.
Knie goed deur.
Laat effe rys
Knie weer goed
Laat weer effe rys
Knie weer goed deur, en deel deeg in twee dele.
Rol met hande die twee aparte dele in 'n lang deeg, vleg dan die twee dele aanmekaar as een knoop.
Plaas nou jou geknoopte broodjie op 'n gesmeerde bakplaat .
Laat rys in warm plek tot amper dubbel sy grootte
Klits saam 1 eierwit en 2 eetlepels water.
Kwas aan die bokant van die brood.
Bak in die voorverhitte oond tot diep goudbruin, Oor 20 minute.
Verwante Artikels