Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:12 NM CDT

Coca-Cola Sjokoladekoek



Bestanddele:

500ml meel
500ml suiker
5ml sout
250g botter
45ml kakao
250ml coca-cola
375ml marshmallows, in kwarte gesny
5ml koeksoda
125ml karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanieljageursel


Voorverhit oond na 180°C

Sif die meel en sout saam.
Voeg suiker by.
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en voeg die marshmallows by. Roer tot die marshmallows gesmelt het.
Meng goed met die meel.
Los die koeksoda in die karringmelk op en voeg by die koekmengsel.
Voeg ook die eiers en vanielje by.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde koekpan.
Bak teen 180°C tot reg, ongeveer 45 minute.

Versiering:

125g botter
45ml kakao
90ml coca-cola
500g versiersuiker
100g pekanneute, gekap
5ml vanieljegeursel

Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot net voor kookpunt.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Voeg meeste van die neute by asook die vanielje.
Versier die koek met die mengsel en strooi die res van die neute oor.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun