Heuning en Feta Pampoenkoekies
Bestanddele:
2 koppies gaar boerpampoen
fetakaas, gekrummel
2 tl fyn kaneel
halwe koppie heuning
2 eiers
1 koppie koekmeel
1 tl bakpoeier
olyfolie vir braai
halwe koppie pekanneute, gekap(opsioneel)
Metode:
Meng nou die gaar fyngedrukte pampoen, meel, bakpoeier, eiers en pekanneute saam.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en skep lepels vol deeg daarin.
Braai aan albei kante tot goudbruin
Dreineer olie en pak die pampoenkoekies in lae en krummell met fetakaas, sprinkel met kaneel na smaak tussen elke laag.
Drup die heuning oor en sit warm voor.
Verwante Artikels