Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:35 NM CST

Kerrie-pasta slaai



Hierdie slaai kan ook warm voorgesit word saam met braaivleis.
Die geheim van hierdie slaai is dat die pasta nie afgespoel moet word nie, want die pasta absorbeer die kerriesous baie makliker. Afgespoelde pasta veroorsaak dat die slaai bleek en afgewater lyk en proe! Die hoeveelheid olie klink miskien baie, maar dit voorkom dat die slaai droog word.
4 groot uie fyngekap
¼ k olie
1 pak pasta (skroefnoedels)
3 t kerriepoeier
2 t borrie
1t gemaalde koljander (opsioneel)
½ k suiker
¼ k asyn
½ k braaisous (Jimmy's braaisous)
2.5 ml sout
2.5 ml gemaalde peper

Soteer uie in helfte van die olie tot amper sag.
Voeg kerrie, borrie n koljander by en roerbraai saam met uie vir ongeveer 3 minute tot uie sag en deurskynend is.
Strooi die suiker oor die uiemengsel - dit sal so 'n sousie begin vorm.
Voeg die orige olie, asyn, sout, peper en braaisous by en prut vir ongeveer nog 5 minute
Kook intussen die pasta tot gaar met net genoeg sout - dreineer maar MOENIE AFSPOEL NIE!!
Meng die kerriemengsel en pasta en verkoel

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie