Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:40 NM CDT

Suiwer Rog Brood



Vanweë kroniese sinus-probleme moes ek alle koring-, suiwel en suiker uitskakel. Kortweg, brood was UIT. Ek het hieroor gesels op my kuierwerf , en so 'n rog-broodjie resep gekry. Die persoon by wie ek dit gekry het het dit iewers op die internet gevind, maar hy kon nie onthou waar nie. Hy het egter reeds die resep aangepas vir ons SA toestande en die optimale resep vir sy broodbakmasjien gevind.

Plaas die bestanddele in die gegewe volgorde in die mengbakkie van die masjien:

2 eiers
1 k warm water (so teen 40ºC)
2 e olie (ek gebruik olyfolie)
2 e molasse (ek gebruik heuning)
2 ½ k rogmeel
¼ k mielieblom (Maizena)
2 t lesitien (ek het dit nog nooit bygevoeg nie)
1¼ t sout
1 pakkie droë gis

Gebruik die verstelling vir 'n volgraan broodjie van 1kg op die masjien (Wholewheat basic) sodat die totale tyd sowat 3h40min is. (op my masjien is die tyd 3h15min)

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: veldt aan Maandag, Junie 28 2010 @ 08:55 VM CDT Suiwer Rog Brood
Nou wat gemaak as jy nie 'n broodmasjien het nie ,maar no jou hande gebruik vir knie ens.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie