Tjop marinade
Baie veelsydig en aanpasbaar.Lekker vir braai of in oond of op stoofplaat. Hoeveelhede moet met oordeel self aangepas word. 'n Blerts of twee Druiwesapolie. Jy kan ander olie ook gebruik maar druiweolie het geen smaak van sy eie nie. Olyfolie gee 'n anderste smaak aan die sousie. Voeg aangemaakte mosterd (sterkte van jou eie smaak) by die olie en ook 'n blerts Balsamic asyn en roer deur. 'n Groot handvol Basil blare en 'n klompie Roosmaryn takkies kap jy baie fyn en voeg by mengsel. Le die tjops in die pan/braaipan (of 'n skottel as jy gaan braai) en gooi die sous oor. Draai om en maak seker alby kante is goed besmeer. Moenie te veel sous ingooi nie, die marinade moet net mildelik aan die vleis wees en die tjops moet nie in die sous dryf nie. Hierdie gebeur so 'n uur voor die gaarmaak proses begin. Voor die tjops op die hitte kom stooi jy alkant sout, bietjie minder as gewoonlik. Moenie voortydig sout strooi nie, dit trek al die geur uit die vleis uit. Jy kan eksperimenteer met jou sous as jy wil, dit kan nie eintlik flop nie. Ek voeg partykeer ook bietjie Woestersous en/of tamatiesous by. Beste groete Janneman


Verwante Artikels