Wildsblad op die kole

Ek het hierdie resep probeer met n Bosbok blad. Die eindresultaat.... WOW!!! So naby aan skaapvleis soos kan kom.
Voorbereiding:
Al wat jy nodig het is n Wildsblad/boud, Growwe sout, Swart peper, Salad dressing, Spare rib marinade, n paar geblikte pynappel ringe, en Heavy duty foelie.
Smeer die foelie (groot genoeg om dit te kan toemaak - blink kant na binne) met bietjie olyf olie. Plaas die Wildsblad/boud op die foelie. Neem growwe sout na smaak en vryf dit in die Wildsblad/boud. Meng n bietjie Salad dressing (french of Italian) en Spare rib marinade en verf dit lekker dik aan die boud/blad. Strooi swart peper korrels na smaak oor die blad/boud en pak die pynappel ringe op die boud/blad. Maak als mooi toe met die foelie en sit dit op die braai rooster. 'n Weber tipe skottel braaier werk dit beter, dan kan jy die braaier toemaak. Onthou dat die kole nie te warm moet wees nie. Laat kook die blad/boud vir 3 ure in die skottel braaier.
Bedien met n lekker Potbrood...
Geniet


Verwante Artikels