Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, Maart 11 2010 @ 09:41 VM CST

Potgebraaide Beesvleis in die Prutpot

Dis so lekker om na 'n harde dag se werk tuis te kom na die geur van 'n gekookte maaltyd. Die prutpot maak dit moontlik! Hier is 'n goeie basiese resep wat vinnig in die oggend voor werk aanmekaar geslaan kan word. Varieer dit deur verskillende kruie te gebruik. Groente kan ook bygevoeg word - plaas dit op die bodem van die pot saam met die kruie en knoffel. Omdat die temperatuur so laag is, bly die vitamines in die groente behoue en die groente kook nie te pap nie.
Bestanddele: Sowat 1.5 kg stuk beesvleis (geskik vir potbraai) (vet verwyder), 'n bietjie rooiwyn, 'n 400g blik tamatiestukke - gebruik die beste kwaliteit wat jy kan kry; 3 knoffelhuisies, fyngesny; 'n bossie vars kruie (roosmaryn, tiemie of basiliekruid is lekker), knippie suiker, sout en varsgemaalde peper na smaak. Vinnige metode: Smeer die pot met 'n bietjie olyfolie (dit maak die skoonmaak makliker). Plaas die knoffel, kruie en suiker in die pot. Sit die stuk vleis bo-op en giet die wyn en tamatie bo-oor. (As jy meer tyd het: Verbruin eers die vleis aan alle kante in 'n bietjie olyfolie in 'n swaarbodem-kastrol op die stoof. Sit die vleis in die prutpot. Giet die wyn in die kastrol en laat opkook. Roer om al die lekker bruin aanpaksels op die bodem op te los. Giet die warm wyn oor die vleis.) Kook op "LOW" vir sowat 8 tot 10 uur; draai die vleis een of twee keer om gedurende die kookproses, as jy kan. 'n Halfuur voor die vleis bedien word, verwyder dit, sny in dun skywe en plaas terug in die sous. Proe die sous en voeg sout en peper na smaak by. Bedien met pasta, rys, kapokaartappels of brood.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Benita aan Sondag, Januarie 24 2010 @ 03:30 VM CST Potgebraaide Beesvleis in die Prutpot
Baie dankie gaan dit beslis probeer en laat weet.

Resepte Boeke

Sarie 5
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug