Karringmelk pannekoek
Die geheim van hierdie resep is geduld en as jy dit het sal jy beloon word . Volg die resep dus baie noukeurig:
Wat jy nodig het: 125g koekmeel ½ teelepel suiker ½ teelepel sout 1 teelepel koeksoda ¾ teelepel bakpoeier 2 teelepel gesmelte botter (30g) 1 eier 250ml karringmelk Botter om in te bak Metode Sif al die droê bestandele saam. Meng die eier (geklits), gesmelte botter en karingmelk goed en maak ‘n holte in die meelmengsel en gooi die bottermengsel in die holte. Roer met ‘n houtlepel tot ‘n dun romerige mengsel. Bedek die mengsel met ‘n skoon doek en laat dit staan vir ten minste ‘n halfuur(dis die geduld gedeelte) Wanneer jy gereed is om pannekoek te bak, kyk eers of die beslag nie te dik is nie. Indien wel, voeg klein bietjie karringmelk by. Smelt ‘n klein bietjie botter in 10cm pannetjie en skep genoeg van die beslag in die pan. Laat dit gaar word totdat borrels begin vorm – omtrent so 2- 3 minute op medium hitte. Draai om en bak tot ook goudbruin aan die ander kant. Stapel die pannekoekies opmekaar met gesmelte botter of stroop of heuning of jou gunsteling konfyt tussen die lae. Die resep kan suksesvolverdubbel word.


Verwante Artikels