Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Maart 10 2010 @ 08:09 NM CST

Snoek in Foelie

Ek het altyd gesidder as iemand my nooi vir n snoekbraai - veral in die Kaap want hulle maak die vreeslikste souse met konfyt en wat nog alles. Ek het egtr n manier gevind on snoek te braai wat baie lekker is en selfs die kapenaars erken dat dit die lekkerste snoek is wat hulle nog geëet het.
Lê die snoek met sy velkant op tinfoelie, bo op n rooster geplaas met n randjie gevou sodat die sous nie kan afloop nie. Plaas die rooster op medium kole en gooi n halwe botteltjie "Knorr" se franse slaaisous oor die snoek. Wanneer die slaaisous deur die snoek kook, draai dit om em laat dit effens bruin braai. Draai terug en gooi die ander helfte van die sous op die snoek en herhaal soos die 1ste keer. Haal af en geniet saam met wat jy wil.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug