Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Maart 10 2010 @ 08:11 NM CST

5 minuut shokolade koek in n koppie

Bestandele:

4 Eetleepels koekmeel

4 Eetlepels suiker

2 Ietlepels kakao

1 eier

3 Eetlepels melk

3 Eetlepels kookolie

3 Eetlepels \\"choc chips\\"

paar druppels vanilla geursel

1 ekstra groot beker

knypie sout

Gooi al jou droe bestandele in jou beker...meng goed deur. Voeg melk en kookolie by, roer goed deur Voeg nou jou \\"chock chip\\", en vanilla by.. meng weereens goed deur

image

Plaas nou jou koppie in mikrogolf , kook vir 3 minute teen 1000 watts/ high Die koek sal moontlik bo oor kook... moen ie deur van mikrogolfoopmaak nie.. image

Verwyder uit mikrogalf , laat effe afkoel, tiep uit op bordjie image

versier met skeppie roomys... room ens... geniet!!! image


Artikelopsies

3 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Annalie Oz aan Vrydag, Desember 04 2009 @ 11:35 NM CST 5 minuut shokolade koek in n koppie
Dis 'n vreeslike lekker nagereg. Ek het die olie verminder na 1 eetlepel en afgeroomde melk gebruik om die vetinhoud 'n bietjie te verlaag en kon nie die verskil proe nie. Ek vind half teelepel vanilla oorweldigend; kwart teelepel smaak beter. Gebruik 3 koppies en mikrogolf 1 minuut elk; moet dan nie uitkeer nie; bedien sommer warm in die koppie met roomys bo-op.
Ek het die droe en nat bestanddele apart gemeng; my kinders haal dit uit die yskas uit, voeg 50 ml droe bestanddele, 50 ml nat en 15 ml sjokoladestukkies in 'n koppie, meng dit, mikrogolf en siedaar! 'n lekker happie na skool. 'n Mens kan die droe en nat mengsels ook vooraf meng en apart saamneem wanneer jy vir 'n naweek of vakansie weggaan.
NS moenie die knippie sout vergeet nie!
Geskryf deur: LouiseK aan Woensdag, Desember 16 2009 @ 12:32 NM CST 5 minuut shokolade koek in n koppie
Absoluut heerlik. Ek het die melk met volroom mayonnaisse vervang aangesien ek bang is vir melk in mikrogolf resepte, dit kook te maklik oor. Dit was 'n reuse sukses.
Selfs Liefie wat nie koek eet nie het 'n tweede stukkie kom haal.
Geskryf deur: Liewe Heksie aan Dinsdag, Februarie 23 2010 @ 06:11 VM CST 5 minuut shokolade koek in n koppie Voor ek probeer
Lees ek reg, is dit koekmeel - sonder bakpoeier - Nie Brusmeel nie?

Resepte Boeke

Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug