Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:28 NM CDT

Brokkoli somer slaai



Ek het n resep van brokkoli slaai gelees en toe onthou ek van die heerlike slaai wat ek op n kamp uitstappie gemak het en almal was gaande daarooor en huis toe met die resep

1 kop brokkoli geblansjeer in kokende sout water vir 3 min. spoel dadelik af in koue water.
Braai 1 gekapte ui in bietjie botter en 1 pakkie spek en hou een kant. In n groot slaaibak gooi die brokkoli en af gekoelde uiemengsel by.
Voeg dan 1/4 k soetmelkkaas by en 3 E rosyne,
3 E sonneblomsaad dan voeg ek nog n halwe koppie ertjies en mieliemengsel (van die wat gevries is) wat in mikro golf vir 1 min gaar gemaak is.
Meng alles liggies en meng n eetlepel of so mayonaise by net om aan te klam. Heerlik en boonop baie gesond. want brokkoli laat die ekstra vetjies ook nog wegsmelt.


Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Die 4x4 Safari kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie