Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:17 NM CDT

Piesang en pynappelslaai

Hierdie slaai is heerlik saam met braaivleis en kan selfs as poeding gebruik word.
250ml kookwater 125ml wit asyn 62.5ml suiker knippie sout 2 eiers geklits 1 pakkie pynappel jellie 1 blikkie pynappelstukke fyn gesnipper (behou sap) 1 piesangs in ringe gesny Metode Kook water, asyn, suiker en sout saam en laat afkoel. Voeg eiers by afgekoelde mengsel. Kook weer terwyl jy mengsel met eierklitser klits. Voeg jellie by warm mengsel en roer goed. Voeg 75ml pynappelsap by mengsel en laat afkoel. (Indien nie genoeg sap nie, voeg water by tot verlangde hoeveelheid) Voeg pynappelstukke en piesang by. Roer goed en plaas in vorm. Laat stol in yskas.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie