Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:19 NM CDT

Suurlemoenmeringuetert



Kors:

40 ml botter
30 ml strooisuiker
1 eier, geklits
75 ml mielieblom
187 ml koekmeel
2,5 ml bakpoeier
knypie sout

Vulsel

397 g kondensmelk
30 ml mielieblom
45 ml suurlemoensap
3 eiergele, geklits
knypie sout

Meringue

3 eierwitte
90 ml strooisuiker


1. Kors: Room botter en suiker tot romerig en liggeel.
2. Klits eier by.
3. Sif mielieblom, meel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
4. Druk deeg met vingers in gesmeerde tertbord vas.
5. Prik bodem van kors met vurk en bak vir 10 min.
6. Vulsel: Giet kondensmelk in mengbak.
7. Meng mielieblom en suurlemoensap bymekaar en roer by kondensmelk.
8. Voeg eiergele en sout by. Skep in gebakte tertkors.
9. Meringue: Klits eierwitte tot stywe punte vorm en klits strooisuiker bietjiesgewys daarby tot baie styf.
10. Skep meringue bo-op vulsel en bak vir 25 min. of tot goudbruin punte bo-op vorm.
11. Sit tert koud voor.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Okkie aan Woensdag, Julie 07 2010 @ 11:12 NM CDT Suurlemoenmeringuetert
SUURLEMOEN MERINGUE KAASKOEK

Bestanddele
Kors
500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel
220 gram botter gesmelt

Vulsel
2 houers roomkaas
2 blikke kondensmelk
4 eiers geskei
30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
120 ml suurlemoen of lemmetjiesap
250 milliliter strooisuiker

Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ? 22 Cm veerklamp se boom en kant

Metode
Kors
Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik
Druk ? derde van die mengsel op die boom van pan en die res teen die kant van die pan vas

Vulsel
Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk suurlemoen en eiergele by en laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors
Klits eierwitte tot sagte punte begin vorm en voeg strooisuiker geleidelik by tot mengsel styf glad en blink is. Skep dit bo-op die vulsel en bak ongeveer 15 tot 20 minute tot die meringue mooi bruin is.
Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word

Resepte Boeke

Kook en Geniet
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie