Koffiesoentjies

Bestabdele:
250 g sagte botter
187 ml versiersuiker, gesif
10 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
500 ml koekmeel, gesif
Vulsel:
50 g (½ slab) donkersjokolade, gesmelt
Metode:
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en versiersuiker tot liggeel.
2. Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.
3. Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.
4. Voer bakplaat met bakpapier uit.
5. Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt
6. Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.
7. Bak vir 10 min of tot effe ligbruin.
Laat op afkoelrakkie afkoel.
8. Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokolade


Verwante Artikels