Spare Ribs
Spare Ribs is die maklikste ding om te maak as jy hierdie eenvoudige reels volg - 'n restourant kan dit NIE beter doen nie !Neem soveel Pork Spare Ribs(maar net Belly Ribs - shoulder ribs is nie dieselfde kwaliteit nie) as wat jy gaan nodig kry vir jou gaste - 500gram/600gram vir die groot eters ! Plaas in 'n drukkoker(Presto) met bietjie sout en bruin suiker en kook vir omtrent 30minute tot sag - onthou ; spare ribs kan jy nie sag BRAAI nie - dit bly taai ! Haal uit die presto en hou tot jou kole reg is - "braai" - eintlik net warm maak , want dit is mos gaar , net tot mooi bruin , haal van die kole af en bedrup met die sous en hou warm . Sous : maak 'n sous van 2 derdes lekker braaisous(Jimmys/Spur/Steers) en meng met 1 derde Golden Syrup - vir daai taai finger-lickin smaak - jy sal nooit weer gaan uiteet om spare ribs te eet nie !


Verwante Artikels