Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:27 NM CST

Calamari en salsa Slaai


1 tot 2 ontpit en gekapte brandrissies
1 klein fyngekapte ui
30g fryngekapte vars koljander
1 geel ontpitte en in blokkies gesnyde
soetrissie
1 fyngesnyde seldery stingel
2 gesnyde tamaties
30ml lemmetjie- of suurlemoensap
50ml olie
2 avo's geskil en in blokkies gesny
800g calamari-ringetjies
1 pakkie roketblare

1. Meng rissies, ui, koljander, seldery,
tamaties, sap en ½ van olie om salsa te
maak. Laat staan vir 30 min of 1 uur.
Voeg avo's by.
2. Bedruip calamari met res van olie en
strooi Cajun (robertsons reeks)speserye
oor.
3. Verhit pan oor hoë hitte met bietjie
olie. Sodra warm braai die calamari in
2 sarsies vir 1 tot 2 min. Haal af.
4. Bedien. Pak blare op bord, skep salsa
bo op en dan die calamari bo-op.
Eet dadelik!

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie