Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Saterdag, Julie 31 2010 @ 10:15 NM CDT

Wilds Sosaties



2.5 kg Wildsfilet in blokkies gesny.
1.5 kg Lamsvleis in blokkies gesny.
½ kg varkspek
2 groot uie in ringe gesny
1 Eetl kerrie poeier
½ Eetl borrie
2 Eetl suiker
1 Eetl mielieblom
2 Eetl perske blatjang
1½ koppie asyn
1½ koppie water

METODE:
Braai die uie in olie tot sag. Voeg 1½ koppie water by en stowe vir 5 minute.
Meng kerrie poeier, borrie, suiker, mielieblom, asyn en blatjang saam. Voeg by die gebraaide uie en prut vir 3 min. Laat afkoel.
Sout en peper die vleis na smaak. Voeg 6 jong suurlemoen blare en 6 lourier blare by die vleis. Voeg afgekoelde sous by vleis. Meng deeglik. Plaas in die yskas vir 3 dae. Roer vleis daagliks.

Ryg vleisblokkies op Sosatie stokkie

Rooster oor matige kole


Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Maklike maaltye vir babas en kleuters
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie