Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:12 NM CDT

Rosyntjie en Lemoen Broodjie




Bestandele:

Sap en skil van 1 lemoen
250ml rosyne
1 eier effens geklits
30ml botter, gesmelt
500ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
125ml suiker
100g pekanneute, fyngekap

Metode:

Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer ‘n middelslag broodpan met margarien.
Vul die lemoensap aan met water tot 250ml.
Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by.
Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur.
Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik.
Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar.
Laat effens afkoel en keer uit op ‘ draadrak.
Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word.
Dien op saam met botter.

Verwante Artikels

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun