Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:25 NM CST

Volkoring en neute beskuit



280 g (2 x 250 ml) witbroodmeel
200 g (250 ml) suiker
5 ml sout
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
1 kg (4 x 250 ml) volkoringmeel
250 g botter, gesmelt
250 ml rosyne
125 ml pekanneute, gekap
500 ml karringmelk
2 eiers, geklits
200 ml olie

1. Sif witbroodmeel, suiker, sout, bakpoeier, koeksoda en kremetart saam. Roer die volkoringmeel by.

2. Roer die gesmelte botter, rosyne en neute by. Klits die karringmelk, eiers en olie saam en voeg by. Meng tot 'n deeg, rol in balletjies en pak in gesmeerde broodpanne.

3. Bak in 'n voorverhitte oond (180 °C) vir sowat 1 uur. Laat afkoel, breek in stukke en pak op bakplate om uit te droog in 'n louwarm oond.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: rpauley aan Vrydag, April 23 2010 @ 03:31 VM CDT Volkoring en neute beskuit
Wil graag weet of daar 'n ander manier is om grootmaat beskuit uit te droog as in die oond.
[ # ]
Geskryf deur: Jeanine aan Maandag, September 06 2010 @ 06:28 VM CDT Volkoring en neute beskuit
Vreeslik maklik om te maak en baie lekkerder om die bolletjies af te breuk eerder as om die beskuit te sny. Ek het die rosyntjies vervang met 'jungle granola musli' en dit is voorwaar my gunsteling resep! Dankie!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie