Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:59 NM CST

Chilli Sous

Ow-Ow Brand Sous (Elsa) se resep en is waarlik heerlik.
15 chillies 1 groot ryp mango 1 koppie aangemaakte mosterd 1 koppie bruin suiker 2 koppies bruin asyn 1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier sout en peper na smaak 1 kg tamaties 2 uie Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan. Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek toe in die kombuis rondspring en sê, OW OW. Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’! Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar. Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie