Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:48 NM CST

Mikrogolf Fudge

1 Blik Kondensmelk 2 k Strooisuiker 125 g Margarien/Botter 1 t Vanielje Essens
Metode: Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak (± 15 cm hoog). Kook op Hoog vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op Hoog. Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute. Sny in blokkies en geniet. * Jy kan dit op die stoof ook maak, gebruik net gewone suiker ipv strooisuiker en kook vir ongeveer 10 minute, maar roer aanhoudend en gooi die vanielje essens heel laaste in. Lekker eet.,

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Elrika Lesch aan Dinsdag, Oktober 13 2009 @ 05:44 VM CDT Mikrogolf Fudge
Ek soek gewone fudge maar die weergawe met meel in!!

Kan iemand dalk help ?
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie