Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:16 NM CDT

KerrieSult

Die is n heerlike "Curry Brawn" resep wat ek uit my ma se resepte boek gaan krap het. Dis heerlik en verskriklik maklik.
4 varkpote - skoon gemaak n stuk beespens skoon gemaak 1.5kg beesskenkel vleis 5 groot uie, gekap 400 ml asyn 30ml matige kerrie poeier 15 ml borrie 15ml sout of na smaak 2ml peper Plaas die pote, pens en skenkel vleis in n groot diep kastrol met n dik boom. Voeg die res van die bestandele by asook genoeg water om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en kook totdat al die vleis van die bene val. Laat dit afkoel tot lou, verwyder al die bene. Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol. Voeg nog kookwater by as die sous te min is. Laat dit opkook en proe of daar genoeg sout en kerrie in is. Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in die koelkas om te stol. Dit is na n paar uur reg vir gebruik.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook 'n Storm Los
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun