Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:53 NM CST

Gemengde groente

Ek het hierdie groente by vriende geeet een aand toe ons daar gebraai het. Ek het dit toe op my skoon familie uitgetoets en hulle was mal daaroor.
Al wat jy benodig is: n Groot pak van die "country crop" groente, melk,n pakkie wit uie sop en sout en pepper. Voor verhit jou oond op 180'C. Vat n leke diep oond bak en goeie die hele pak groente daarin verkieslik klaar ontdooi. Vat jou melk en gooi dit daaroor, genoeg om al die groente te bedek en n bietjie sout en pepper, nie te veel sout nie. Dit vat gewoontlik n uur maar kan partykeer bietjie langer vat. As jou groente nou lekker sag is vat jou pakkie wit uie sop en strooi dit net daar oor en meng dit versigtig in rasper lekker kaas daaroor en sit terug in die oond totdat die kaas gesmelt is of lekker crispy is. Jy kan hierdie groente saam enige kos bedien dit is n wenner.

Artikelopsies

5 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Karien aan Donderdag, Junie 11 2009 @ 12:47 NM CDT Gemengde groente
Absoluut 'n wenner, heerlik, tot my dogtertjie wat nie haar mond aan groente sit nie het 4 maal geskep. In die mikrogolf gaan dit baie gouer.
[ # ]
Geskryf deur: Dollie aan Donderdag, Junie 25 2009 @ 01:24 VM CDT Gemengde groente
Ja dit is baie lekker so maar as jy room vat ipv. melk nog lekkerder. probeer gerus.
[ # ]
Geskryf deur: ZATOAUS aan Saterdag, Junie 05 2010 @ 11:28 NM CDT Gemengde groente
Wat is alles in die Country Crop want hier waar ek is, is daar nie so iets nie. Sal maar moet soek vir iets soorts gelyk, daarom wil ek weet wat is daar in.
Miskien iets soos wortels, blomkool. Dankie
[ # ]
Geskryf deur: Raoul aan Vrydag, Oktober 22 2010 @ 04:21 NM CDT Gemengde groente
Kan julle asb se hoeveel melk het ek ongeveer nodig vir die dis ?
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie