Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:35 NM CST

Heuning en Jogurt muffins



Bestandele:

500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
55 ml bruinsuiker
5 ml gemengde speserye
130 ml hawermout
60 botter, gesmelt
180 ml joghurt (heuning en graan)
80 ml melk
85 ml heuning - loperig
1 groot eier

Metode:
Sif jou koekmeel bakpoeier en koeksoda , suiker en speserye saam in een groot mengbak.

Meng nou die hawermout by die droe mengsel met houtlepel.

In aparte mengbak, meng nou die gesmelte botter , heuning , jogurt , melk , eier alles saam, meng goed.

Voeg nou by die droe mengsel, en vou saam tot net gemeng.

Berei muffin pannetjies voor met kleefvrysproei,en muffin "liner" , skep mengsel in muffinpannetjies, en bak in voorverhitte oond by 200 grade vir +- 20 minute .

Laat afkoel in pannetjies op rakke voor jy dit uithaal..

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie