Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:54 NM CDT

Mini Melktertjies



stukkie pypkaneel
500ml warm melk
75ml suiker
knippie sout
75ml meelblom
125ml botter
eier geklits
broskorsterddoppies

Voeg die pypkaneel by die melk en verhit tot kookpunt. Haal die geurmiddel uit. Meng die suiker, sout en meelblom, voeg `n bietjie
warm melk stadig by en meng goed. Gooi terug in die kastrol en kook terwyl dit geroer word. Haal van die stoof af en roer die botter in. Laat afkoel en roer die geklitste eier in. Skep die vulsel in terddoppies.
Strooi kaneelsuiker oor en bak 10 min lank in `n baie warm oond, 240°C. Verminder die hitte tot 180°C en bak nog 10 min lank. Dien warm of
koud op.


Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Potjiekos Wenners
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie