Marmitekoek
'n Heerlike maklike resep vir wanneer gaste onverwags opdaag.Bestanddele: 110g Margarien of botter 3/4 koppie suiker 1 eier 1 1/2 koppie bruismeel 1 koppie melk Room botter, suiker en eier saam. Meng dan die melk en bruismeel om die beurt by. Spuit 'n middelmatige bak met kleefwerende sproei. Plaas in bak en bak by 180 grade celsius vir ongeveer 30 minute of tot koek gaar is. Prik die koek wanneer gaar en gooi 'n halwe koppie botter/margarien, wat saam met 'n teelepel marmite gesmelt is, bo-oor. Geniet hierdie heerlike koek saam met gerasperde kaas of fyn biltong.
Verwante Artikels