Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:31 NM CST

Botterskorsie-sop

SOP 2 Groot Botterskorsies 3 groot wortels 3 groot aartappels 2 groot uie 4 stingels Seldery (met blare) 2 Granny Smith appels Sap van een lemoen 2 teelepels medium Kerrie-poeier 2 Eetlepels vars gesnipperde koljander-blare Sout en peper na smaak 1 Eetlepel suiker 3 liter water 2 koppies melk
Skil en sny al die groente en vrugte in kleiner blokkies, behalwe die koljander-blare, Kook in water tot baie sag. Voeg koljander-blare by asook al die geurmiddels en lemoensap. Kook vir nog 3 minute. Verpulp alles. voeg melk by en roer goed deur. Gebruik meer of minder water na gelang van die dikte van die sop wat u verkies. Roer n halwe teelepel vars room, in die middel van n opgeskepte bord, in n sirkeltjie deur, vir effek.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Voeg asseblief 2 blokkies hoenderekstrak by.Ek het vergeet om dit by te sit in die resep !!!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie