Broccoli en Avokado-slaai
1 Groterige kop vars broccoli.
1 Groot ryp (maar nie te sag ) Avokado-peer
1 klein ui
1 rooi soetrissie
Romerige slaaisous van eie keuse. ( Ek gebruik die Dulce slaaisous)Breek broccoli in kleiner blommetjies en blansjeer vir ongeveer 3 minute in vinnig kokende water. Haal dadelik uit kookwater en spoel af onder koue lopende water. laat heeltemaal afkoel. Sny rooi soetrissie in smal lang repies, en blansjeer vir 2 minute. Spoel af onder koue water.Skil Avokadopeer, Sny is groterige blokkies. Druip n bietjie suurlemoensap oor om te verhoed dat dit bruin word,. Kap ui baie fyn. Meng alles liggies saam, gooi slaaisous oor en laat in koelkas tot nodig. Meng liggies deur en geniet.
Verwante Artikels