Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:39 NM CST

Hoender en noedel slaai vir die Somer

6 tot 8 Hoender borsies (sonder vel) 2 huisies knoffel (fyn gemaak) Hoender-speserye ( in n boksie) Sap van 2 suurlemoene 2 Eetlepels olie 1 Pak Noedel-skroewe Half kilo Gemengde gevriesde groente (ertjies,wortelblokkies,mieliepitte en groenboontjies- mengsel) 'n Halwe rooi-en groen soetrissies elk 1 medium ui 1 Klein blik ingelegde perske skywe Half bottel goeie mayonaise 2 Teelepels medium kerrie-poeier
Sny hoenderborsies en lengte deur, en dan in blokkies (plus-minus 3 cm) bestrooi met hoender-speserye. Roerbraai vinnig terwyl suurlemoensap en knoffel deurgeroer word. Moenie al die hoender tegelyk braai nie, anders "kook" dit in stede van braai. Behou die pansappe. Kook noedels tot el dente (nie te sag) Dreineer.Blansjeer die groente vir ongeveer 4 minute in kokende water. Dreineer. Sny die perskeskywe in kleiner blokkies. Behou die stroop. Sny groen- en rooi soetrissies en uie in klein blokkies. Meng die mayonaise, vrugtestroop, kerriepoeier en pansappe saam. Meng alles liggies deur, sonder om noedels te beskadig. Laat oornag in koelkas en gebruik koud. Bedien net n lekker vars franse broodjie daarmee saam. Hou goed vir ten minste 3 dae in koelkas.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie