Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:24 NM CST

Kersfees Koekstruif a la Duifie

NAGEREGTE

2 Gewone Sponskoeke
1 blik Karamel
Bessie- of Appelkooskonfyt
Medium Cream sjerrie
Gemmer konserf met stroop
Gekapte neute (van keuse)
1 Blik ingelegde gemengde bessies (of vrugte van eie keuse)
1 ltr dun vla
1 pakkie elk, rooi en groen jellie (aangemaak met 1 koppie kookwater per pakkie)
250 ml vars room ( Styf geklop saam met strooisuiker na smaak)
n Paar wit sjokolade krulle
Groen en rooi kersies
Sny sponskoeke in helfte deur, smeer mildelik met karamel aan een kant en konfyt op ander kant. Plaas weer opmekaar en sny in kleiner blokkies. Pak n laag koekstukkies in n mooi deursigtige glasbak. Sprinkel sjerrie, neute, vrugte en klein blokkies gemmerkonserf oor. Drup van die gemmerstroop oor en laaste, bedek met vlamengsel. Herhaal lae tot al die koek opgebruik is. Sny stywe jellie in blokkies, pak bo-op laaste laag. Laat in koelkas oornag. Voor opdiening, versier met styfgeklopte room, kersies, gekapte neute en sjokolade krulle. Laastens druip van die gemmerstroop bo-oor alles. DIS BAKLEI LEKKER !!

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie