Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:08 NM CST

Heerlike Broccoli gereg

Gewone Boroccoli met kaas sous is al so vervelig. Probeer gerus hierdie.
1 Kg Brocoli 380 g Ementaller Kaas gerasper 1 Pakkie gesnipperde spek Sout na smaak Vars Gemaalde Swart Peper na smaak 125ml vars Room Breek die Broccoli in stukke en was in sout water. Stoom tot halfgaar. Intussen, braai die gesnipperde spek tot bros. Plaas die gestoomde broccoli in oondbak, strooi die spek oor, voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by. Giet room oor en roer tot goed gemeng. Bestrooi met kaas en plaas voorverhitte oond van 180 grade celsius en bak sowat 20 min. Rooster op maximum om kaas te verbruin en bedien. Geniet.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Corlia aan Dinsdag, Oktober 05 2010 @ 02:20 NM CDT Heerlike Broccoli gereg
Dit klink na 'n absolute wenner. Dankie vir die resep!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie