kamma colcanon
soos uitgesaai op 13 Maart 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za
Wanneer ek saans die deur agter my toetrek na 'n dag van eindelose e-posse en 'n swetterjoel sper-tye, wil ek net iets makliks berei. Daar is niks wat my so opkikker soos hierdie eenvoudige aartappel-en-koolgereg nie.
Jy het nodig
500 g Savoy-kool
500 g aartappels
2 knoffeltoontjies
3 uie, in ringe gesny
seesout en vars gemaalde swart peper
3 eetlepels botter
hoeder- of groente-aftreksel
So maak mens
Kook die aartappels.
Smelt botter in ‘n swaarboompan.
Soteer die uie, knoffel en fyngekapte kool daarin tot byna sag.
Voeg nou die saggekookte aartappels by en braai saam met die res.
Voeg bietjies-bietjies aftreksel by om dit klam te hou.
Geur met sout en peper. Garneer met gekapte vars pietersielie.
PS. As daar iets oorbly, maak ek die volgende dag nog aftreksel aan en sit dit saam met die groentemengsel in die menger, verpulp en bring dit dan tot kookpunt in 'n kastrol. Dis die lekkerste sop.
Verwante Artikels