Die lekkerste piekniekbroodjies

soos uitgesaai op 13 Maart 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za
As ons die lang pad gery het , het ek gewoonlik hierdie hoendertoebroodje in gepak. Nou is dit gereeld op Saterdae aande ons maaltyd
Jy het nodig
4 vellose hoenderborsies
1 fyngekapte ui
2 eetlepels botter
1 eetlepel milde kerriesmeer 1 eetlepel heuning
125 -- 250 ml droë witwyn
125 g fyngekapte gereed-om-te-eet sagte gedroodge appelkose
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels crème fraîche
So maak mens
Neem die vier hoenderborsies, week oornag in die droë witwyn (genoeg om dit te bedek), dreineer en braai die volgende oggend gou vinnig in ‘n bietjie olyfolie.
Hou eenkant.
Braai die fyngekapte ui in ‘n ander pan met ‘n bietjie botter tot byna deursigtig en voeg ‘n eetlepel milde kerriesmeer by.
Dan volg ‘n eetlepel heuning, die droë witwyn waarin dit die vorige aand geweek het en die appelkose.
Laat dit ongeveer 15 minute lank prut (onbedek) totdat die meeste van die vloeistof weggekook het.
Laat dit afkoel en roer dan twee eetlepels mayonnaise en 2 eetlepels crème fraîche by.
Sny die hoenderborsies in stukkies en roer by die mengsel.
Smeer ‘n paar snye brood met botter, sit blaarslaai op, dan die hoendermengsel en sprinkel gekapte sprietuitjies bo-oor voordat jy dit met 'n tweede sny bedek en in die helfte deursny.

Verwante Artikels