Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:20 NM CST

Soetsuur aartappelslaai



soos uitgesaai op 13 Maart 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za

Lekker verfrissend


Jy het nodig
8 aartappels
1 gekapte selerystingel
2 Hardgekookte eiers in skyfies gesny
1 fyngekapte ui
3 gekapte suurkomkommertjies
1 eetlepel gekapte pietersielie
4 repies spek, gekap
2 goedgeklitste eiers
1 koppie suiker
¼ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout
¼ teelepel peper
½ koppie asyn, verdun met ½ koppie koue water

So maak mens
Kook die aartappels in hul skil.
Wanneer dit sag is, trek die skilletjies af en sny in blokkies.
Voeg die gekapte seldery, hardgekookte eier, ui, suurkomkommertjies en pietersielie by.
Braai nou die spekrepies tot dit bruin en bros is.
Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
Klits die eiers, geurmiddels en verdunde asyn saam.
Meng goed.
Voeg nou die eiermengsel in die pan waarin jy die spek gebraai het en bring tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy aanhoudend roer totdat die sous dik word (geduld, o, geduld -- so 'n sousie is nie 'n ding wat hom laat aanjaag nie.) Dit neem ongeveer 10 minute, maar dit kan 'n bietjie langer duur.
Gooi eiermengsel oor die aartappelmengsel en meng deeglik.
Sprinkel nou die bros spek bo-oor.
Laat afkoel

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie