Gebakte roosmaryn-aartappels

soos uitgesaai op 27 Februarie 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za
Heerlik as warm bygereg
Bestanddele
• 2 kg baba-aartappels, in skil
• sowat 300 ml olyfolie
• 30 ml growwe sout
• 3-4 roosmaryntakke
• 3 eetlepels korrelmosterd
• 6-8 huisies knoffel
• vars gemaalde swartpeper
Voorverhit oond op 180 °C
Maak 3 tot 4 snye in elke aartappel.
Plaas die aartappels in ’n groot oondbak.
Klits die mosterd en olyfolie saam.
Gooi die sous oor die aartappels.
Sit die knoffel en roosmaryn in die bak en geur met sout en swartpeper.
Bak vir 45 minute tot 1 uur in ’n oond teen 180 °C.
Sit warm voor.


Verwante Artikels