Geglasuurde Preie

Soos uitgesaai op 27 februarie 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za
Baie lekker as slaai of ’n voorgereg
Bestanddele
• 120 ml olyfolie
• 60 ml witwyn
• 30 ml tamatie-puree
• 5 ml suiker
• 1 lourierblaar
• 2 takkies vars tiemie
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• vars gemaalde swartpeper na smaak
• 500 ml water
• 16 preie
• sap van halwe suurlemoen
• gekapte pietersielie vir garnering
Plaas al die bestanddele in ’n kastrol, behalwe die preie, suurlemoensap en pietersielie.
Bring die mengsel tot kookpunt en laat kook vir 5 minute.
Voeg die preie by en laat kook vir 20 - 30 minute tot die preie sag is. Haal die preie uit en sit op opdienbord
Voeg die suurlemoensap by die vloeistof en laat afkook tot ’n effense stroop.
Giet die stroop oor die preie.
Sprinkel die pietersielie oor.
Sit koud voor.
Verwante Artikels