Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:21 NM CST

Melkskommels

DRANKE


soos uitgesaai op 6 Maart 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe op www.uitsaaines.co.za

Lekker om die kinders te bederf op warm somer dae


Pynappelskommel
500ml pynappelsap
30ml vars suurlemoensap
Helfte van 'n blik (397g) kondensmelk

Plaas al die bestandele saam in 'n voedselverwerker. Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op.
Lewer 650ml


Arbeiskommel
250g vars aarbeie, stingels verwyder en afgewas
125ml yskoue water
Helfte van 'n blik (379g) kondensmelk

Plaas al die bestandele saam in 'n voedselverwerker.
Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op
Lewer 500ml


Lemoenskommel
500ml onversoete lemoensap
30ml vars suurlemoensap
Helfte van 'n blik (379g) kondensmelk

Plaas al die bestandele in 'n voedselverwerker
Verwerk tot dik en skuimerig
Giet in glase en dien dadelik op
Lewer 750ml


Koffielikeur-skommel
250ml vanieljeroomys
125ml suurroom
125ml koffielikeur
Styfgeklopte room
Gerasperde sjokolade

Meng die vanieljeroomys, suurroom en koffielikeur saam in 'n voedselverwerker
Verwerk tot dik en skuimerig
Giet in glase en skep 'n bietjie room bo-op
Sprinkel gerasperde sjokolade oor en dien dadelik op
Lewer 450ml


Joghurt-vrugteskommel
175ml vruge-joghurt
1 piesang
15ml heuning
50ml vanieljeroomys

Meng al die bestandele in 'n voedselverwerker en verwerk tot dik en skuimerig
Giet in glase en dien dadelik op
Lewer 450ml


Lemmetjie-sodaskommel
1 piesang
50ml lemmetjiestroop (lime cordial)
500ml vanieljeroomys
250ml sodawater

Meng al die bestandele, behalwe die sodawater saam in 'n voedselverwerker.
Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in 'n beker en voeg die sodawater by
Dien dadelik op
Lewer 850ml


Peperment-skommel
300ml koue melk
500ml vanieljeroomys
Paar druppels groen voedselkleursel
Paar druppels pepermentgeursel
Gerasperde peperment sjokolade

Meng al die bestandele, behalwe die sjokolade saam in 'n voedselverwerker
Verwerk tot dik en skuimerig
Giet in glase
Strooi die sjokolade oor en dien dadelik op
Lewer 800ml

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie