Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:36 NM CST

Wortelmuffins



Bestanddele
250 ml (150 g) volkoringmeel
5 ml bakpoeier
3 ml fyn kaneel
250 ml (80 g) koringkiem
1 eier
80 ml sonneblomolie
125 ml (100 g) bruinsuiker
5 ml koeksoda
50 ml vetvrye melk
250 ml wortels, fyngerasper
60 g pekan- of okkerneute, gekap

Metode

Sif die meel, bakpoeier en kaneel. Voeg die koringkiem en die doppies wat in die sif agterbly by.

Klop die eier, sonneblomolie en bruinsuiker, en meng dit dan by die droe bestanddele in.

Los die koeksoda op in die vetvrye melk. Voeg die melkmengsel, wortels en neute by die meel.

Roer goed en skep dan die mengsel in gesmeerde muffinpanne. Maak die panne driekwart vol.

Bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin en deurgaar.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie