Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:55 NM CDT

Hoender met Wyn en Room

Het een Sondag geen idee gehad wat om gaar te maak nie, was ook nie lus vir dorp toe ry nie so moes maar klaarkom met wat ek in die kas en in die tuin het.
Bestandele: 6 Porsies hoender (Boudjies en Dytjies) Kook Olie (Ek het Canola Gebruik) hoender spesery 2 Takkies vars Roosmaryn Handvol vars Tiemie 3 Knoffelhuisies in growwe stukke gekap 1 Koppie Semi Soet Wyn (Wit of Rose) 1 Koppie Room In blikkie "Button" sampioene (vars sal ook doen) Sout na smaak Varsgemaalde Swartpeper na smaak. 1 Opgehoopte teelepel Mielieblom. Metode: Verhit die oond tot 200 grade Celsius Was en droog die hoenderporsies. Bestrooi mildelik met hoender spesery. Braai in warm olie tot goudbruin. Plaas gebraaide hoender in vuurvaste oondkastrol en voeg die sampioene, kruie, knoffel, sout en peper by. Giet die wyn oor, bedek met deksel en plaas in die oond. Laat so 30min in die oond bak om die alkohol te laat verdamp. Verwyder dan die deksel en bak vir nog sowat 30 min om vloeistof te verminder. Meng die mielieblom met 'n bietjie room in 'n maatbeker to glad, roer die res van die room by en meng by die hoender in die bakskottel in. Verhoog die hitte na maksimum en bak 15min tot die sous effe verdik het. Dien op saam met bruin rys, gebraaide aartappels en groente van jou keuse.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie