SJOKOLADE MOUSSEKOEK
soos uitgesaai op 27 Februarie 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe
Dankie vir die resep Bibi
Benodighede
SJOKOLADE SPONSKOEK
1 koppie suiker
1 koppie meel
½ koppie warm sterk koffie
3 t bakpoeier
2 eetlepels kakao
1 t sout
½ koppie olie
1 t vanilla essence
4 eiers geskei
SJOKOLADE MOUSSE
250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao
Bereiding
Voorverhit oond op 180 grade C
SJOKOLADE SPONSKOEK
Klits suiker,warm koffie en kakao goed saam tot afgekoel
Skei die eiers en klits die geel van die eiers 1 voor 1 by
Voeg olie toe en klits goed
Voeg droë bestandele toe
Meng goed
Klits die eiwitte styf
vou die geklitste eiwitte goed in die mengels met 'n yster lepel
Skink in oondpan
Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 grade C
Laat afkoel op draadrak
SJOKOLADE MOUSSE
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens 'n uur
Geniet
Verwante Artikels