Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:47 NM CST

Sondag hoender


Soos uitgesaai op 27 februarie 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe

Ek was nooit 'n voorstaander van pakkies soppoeier in kos nie, maar ag soms moet mens 'n uitsondering maak


Benodighede
kookolie
6-8 hoenderporsies
sout
varsgemaalde swartpeper
1 pak (60g) dik bruinuiesoppoeier
500 ml (2 k) water
250 ml (1 k) mayonnaise
125 ml (½ k) mango atjar of blatjang

Voorverhit oond tot 180 grade C

Bereiding
Verhit 'n medium swaarboompan en verf met bietjie olie
Geur die hoenderporsies met sout en peper na smaak
Braai hoenderporsies met die velkant na onder tot bros en goudbruin.
Skep uit en rangskik in oondvaste bak

Maak die uiesoppoeier met water aan en meng met die mayonnaise en mango atjar of blatjang.

Giet oor hoenderporsies en bak ongeveer 45-60 minute in die voorverhitte oond tot gaar.

Sit warm voor saam met rys en groente

Lewer 6-8 porsies


Variasie:
Vir kerriehoender
meng 5-10 ml (1-2 t) kerriepoeier en 'n knippie fyn komyn (jeera) by die mayonnaise in en gebruik verder soos beskryf

Geniet!!!

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie