Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:42 NM CST

Kitsroomys



Soos uitgesaai op 27 februarie 2009 in Koffietyd/ Roer en Proe

Die vinnigste manier denkbaar om self roomys te maak . Hou net altyd 'n blikkie ingedampte melk in die yskas.

Geur die roomys na eie keuse


Benodighede
1 blikkie (410g) ingedampte melk --oornag verkoel
1 blikkie (375g) kondensmelk
2 ml (½ t) gerasperde suurlemoenskil -- opsioneel
5 ml (1 t) suurlemoensap -- opsioneel

Bereiding
Giet die ingedampte melk in mengbak en klits deeglik. Voeg die kondensmelk, suurlemoenskil en suurlemoensap by en klits goed.

Giet in 'n plastiekbak.
Plaas in die vrieskas en vries tot hard.
Klits 'n paar keer met vurk tydens die vriesproses om yskristalle op te breek

maak omtrent 1.5L ( 6 k) roomys

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie