Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:49 NM CST

Tuisgemaakte nougat



Benodighede:
ryspapiervelletjies
100 g amandels, geblansjeer
200 g heel haselneute
100 g ongesoute pistasieneute, geskil
1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak
625 g suiker
150 ml vloeibare glukose
100 g heuning
3 eierwitte

Metode

Voer die bodem van ’n diep bakplaat of oondpan met bakpapier uit. Rangskik velletjies van die ryspapier op die bakpapier. Rooster die amandels en haselneute tot goudbruin. Gooi die haselneute in ’n skoon vadoek en vryf die skilletjies af. Meng al die neute en kap dit rofweg. Skraap die saadjies uit die vanieljepeul en hou dit eenkant.

Gooi die suiker, vloeibare glukose en heuning in ’n swaarboomkastrol met 75 ml water. Verhit oor medium hitte en roer tot die suiker opgelos het. Sodra die suiker opgelos het, moet jy die mengsel saggies laat prut totdat dit die kraakstadium bereik (wanneer jy ’n druppel daarvan in koue water sit en daarop byt, kraak dit – dis 150 °C op ’n suikertermometer.)

Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser totdat dit stywe punte vorm. Voeg dan die suikerstroop geleidelik by terwyl jy aanhou klits. Klop tot die mengsel ferm en styf is.

Vou die neute en vanieljesaadjies of -ekstrak by die mengsel in. Gebruik dan ’n gesmeerde spatel en skep die mengsel op die ryspapier in die bakplaat. Maak dit glad en sit nog ’n vel ryspapier bo-op.

Gebruik ’n plat houer as ’n gewig en sit dit bo-op die ryspapier. Laat die nougat heeltemal afkoel. Bedek dit dan met kleefplastiek en hou dit vir drie tot vyf dae in die yskas voordat jy dit sny.

Dis belangrik om die nougat vir minstens drie dae in die yskas te bêre voordat jy dit sny...laat goed stol.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie