Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:47 NM CST

Neutlikeur koek



VULSEL:
80 ml (70 g) strooisuiker
15 ml koffielikeur
100 ml (45 g) pekanneute, fyngekap
5 ml fyn kaneel
50 g donkersjokolade, gekap
KOEK
50 ml (30 g) mielieblom
500 ml (270 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
3.5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
125 g (125 ml) sagte botter
300 ml (260 g) strooisuiker
2 groot eiers
5 ml vanielje-ekstrak
220 ml suurroom
190 ml koffielikeur
100 g donkersjokolade

Metode

Vulsel:
Meng die bestanddele vir die vulsel en hou dit eenkant.

:Koek
Roer die mielieblom, koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en ’n knypie sout saam.

Meng die botter, strooisuiker, eiers en vanielje in ’n aparte mengbak. Klits dit vir twee minute op medium spoed.

Vou die mengsel om die beurt met 190 ml suurroom en die likeur by die droë bestanddele in.


Gooi ’n derde van die beslag in ’n gesmeerde, meelbestrooide fluitringpan van 23 cm. Sprinkel die helfte van die vulsel oor. Bedek dit met nog ’n derde beslag en sprinkel dan die res van die vulsel oor. Eindig met die res van die beslag. Bak die koek vir 45 minute in ’n voorverhitte oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan vir 15 minute voor jy die rande met ’n stomp mes lossny en die koek op ’n koekbord uitkeer.

Smelt die sjokolade oor ’n kastrol met kokende water. Roer die oorblywende 30 ml suurroom by tot die mengsel glad is. Laat afkoel en skep dit dan oor die afgekoelde koek. Versier met sjokoladekrulle en sif versiersuiker bo-oor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie