Verrassings Horingkies vir Kinders

Benodighede
50 g sjokolade, in stukkies gebreek
10 kleurryke roomyshorinkies
kleurstrooisels, sjokoladevermicelli en reënboogvermicelli
gemengde lekkergoed
Metode:
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond of in ’n bak oor ’n kastrol met kokende water.
Verf die ronde deel van die roomyshorinkies met gesmelte sjokolade en rol dit in die strooisels. Laat dit op ’n skinkbord droog word.
Sodra die sjokolade hard is, maak elke horinkie vol lekkergoed. Draai dit in sellofaan toe en bind dit met ’n lint vas.
Verwante Artikels