Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:30 NM CST

Ystervarkies


Benodighede
500 ml strooisuiker
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier
250 ml melk
klapper


Metode
Klop die strooisuiker en eiers in menger tot dit lig en donsig
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in n plat vierkantinge of reghoekige koekpan en bak by 180C vir 25 - 30 minute of tot die koek goudbruin is.
Laat afkoel en sny in gewenste grootte blokkies.



Stroop:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien
knippie sout

Verhit die suiker, kakao, botter en water tot dit begin borrel.
Gooi knippie sout by
Laat afkoel tot louwarm
Doop die vierkantige stukkies koek in die stroop, maak seker al die kante is goed bedek.
Rol in die klapper.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: FATIMA aan Donderdag, Maart 18 2010 @ 03:27 NM CDT Ystervarkies
Ek het dit al 'n paar keer gemaak, is heerlik! Die sous was bietjie te min so ek het na die eerste keer die sous 1 1/2 keer die resep gemaak en was toe genoeg.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie